Eskom: Fase 2-beurtkrag die naweek van krag

Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag sal oor die naweek van krag wees en sal slegs saans gedurende spitstyd toegepas word, vanaf vier-uur die middag tot middernag, asook regdeur volgende week. Geen beurtkrag word in hierdie stadium buite hierdie tye beplan nie. Die kragvoorsiener sê dit is moontlik omdat hy verwag sommige opwekkingseenhede gaan weer in diens gestel word. Eskom sê indien enigiets verander, sal hy dit onmiddellik aankondig en die nodige aanpassings maak.