NamWater waarsku Osona Village se krane gaan ook droog wees

Windhoekers en inwoners van Brakwater en Osona Village moet gereed wees vir die beplande water-onderbreking wat vanaand vanaf ses-uur tot Sondagaand ses-uur gaan duur. Dit is weens die beplande sluiting van die pyplyn vanaf Von Bachdam na Windhoek deur NamWater. NamWater het aangekondig dat inwoners van Brakwater, asook Osona Village, wat water direk uit die Von Bachdam kry, geen water sal hê nie. Okahandja sal nie geraak word nie. ‘n Tweede water-onderbreking sal op 29 Julie plaasvind en ook tot die Sondagaand duur. Die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya