Brave Warriors-afrigter betreur vervalle stadions
Die afrigter van die Namibiese sokkerspan, die Brave Warriors, Collin Benjamin, sê dit is ‘n groot skande vir ‘n land soos Namibië om tuiswedstryde in die buurland Suid-Afrika te speel weens die vervalle sportstadions in die land. Die Brave Warriors sal op 27 Maart weer in aksie wees wanneer hulle die sterk span van Kameroen die stryd aansê. Tans is Namibië tweede, terwyl Kameroen die eerste posisie in Groep C van die Afrikabeker-nasies-uitdunne beklee. Benjamin het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.