Brandstofpryse vir Maart eers Maandag bekend

Namibiese motoriste sal tot Maandag moet wag om te hoor of brandstofpryse vir Maart volgende Woensdag gaan styg of nie. Midde die konflik in die Oekraïne, word reuse-stygings in brandstofpryse volgens ekonome verwag. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, sê daar sal Maandag ‘n mediakonferensie in die verband gehou word.