Brandstofprys in SA sal daal, geen inligting oor Namibië nie

Namibiërs sal volgende week hoor oor die nuwe brandstofprys wat volgende Woensdag in werking tree. Daar is geen aanduiding van wat die prys sal wees nie maar in die buurland word daar berig dat Suid-Afrikaners ‘n verdere mate van verligting by die brandstofpompe verwag, hoewel die afname nie soveel gaan wees as wat vroeër hierdie maand verwag is nie. Tans dui data van die Sentrale Energiefonds op ‘n afname van twee-Suid-Afrikaanse rand-28-sent per liter vir 95-oktaan loodvrye petrol, en dié van 93-oktaan op twee-rand-12-sent. Diesel en lampolie behoort met meer as een-rand te daal. Die vooruitsigte het onlangs verander nadat internasionale ruoliepryse van ‘n laagtepunt herstel en die rand effens verswak het teenoor ander geldeenhede.