Optrede in SA oor onwettige aborsies

Die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid beplan om die stryd teen onwettige aborsies te verskerp. Die adjunkminister van die departement, Sibongiseni Dlomo, sê hulle hoop om dit te bereik deur hand aan hand met wetstoepassings-agentskappe te werk. Hy het ‘n optog in Germiston, Gauteng, gelei waar hy jong vroue bewus gemaak het van die belangrikheid van toegang tot gesondheidsdienste vir seksuele voortplanting. Dlomo sê hy is bewus daarvan dat sommige jong meisies hulle tot onwettige aborsies wend omdat hulle nie tuis voel by hul plaaslike gesondheidsinstellings nie: