Brakwater is waterloos op 15 en 29 Julie, Windhoek moet spaarsamig werk

Stad Windhoek het inwoners gewaarsku oor twee beplande wateronderbrekings op onderskeidelik op 15 Julie en 29 Julie om ses-uur die aand. Dit is weens die beplande sluiting van die Von Bachdam-Windhoek-pyplyn deur NamWater. Boorgate sal gebruik word om die watertekort aan te vul. Inwoners van Brakwater, wat water direk uit die Von Bachdam kry, word gemaan dat hulle geen water sal hê nie. ‘n Beroep word op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik. Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Hamutenya, praat met Kosmos 94.1 Nuus.