Botswana gaan sy Grondwet hersien

Botswana is op die oomblik besig met ‘n hersiening van sy Grondwet. Luidens ‘n verklaring deur die land se Presidensiële-kommissie, sal hy insette van burgerlike organisasies, regeringsagentskappe, lede van die publiek en sakesektor vanaf 19 tot 29 Julie aanhoor in Gaborone. Volgens Pearl Ramokoka, die hoof van die sekretariaat in die kommissie, moet belanghebbendes teen 30 Junie registreer. Die hersiening het deel gevorm van President Mokgweetsi Masisi se verkiesingsveldtog. Botswana se Grondwet is in 1966 aangeneem.