Bots-polisie het kommer oor vervalste Covid-toetse by grenspos

Polisie in Ramatlabama in Botswana het hulle kommer uitgespreek oor ‘n groot hoeveelheid vervalste Covid-toetse wat by die grenspos na Suid-Afrika opgemerk is. Owerhede sê 56 landsburgers en 15 buitelanders is in hegtenis geneem en aangekla in die verband en 19 het reeds in die Lobatse-landroshof verskyn en verskeie boetes betaal en ander is opgeskorte vonnisse van tussen 12 en 18 maande opgelê. Owerhede sê daar is kommer oor die vervalste negatiewe uitslae en het reeds sekuriteit in die verband verskerp.