Boris se regering val uitmekaar uit met twee bedankings

Die Britse kanselier Rishi Sunak en die gesondheidsminister Sajid Javid het uit die regering bedank en gesê hulle het nie meer vertroue in Boris Johnson om die land te lei nie. Sunak sê die publiek verwag dat die regering “behoorlik, bekwaam en ernstig” is terwyl Javid sê sê die regering tree nie in die nasionale belang op nie. Die bedankings het etlike minute gekom nadat Johnson om verskoning gevra het vir die aanstelling van LP Chris Pincher as adjunk hoofsweep van die party terwyl daar aantygings van seksuele teistering teen hom is, en dat hy wat Johnson is, daarvan geweet het.