Meer as 5 000 gevalle van aap-pokke

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 5 322 laboratorium-bevestigde gevalle van aap-pokke is in die huidige uitbreking aangemeld, waarvan 85 persent in Europa is. Hoewel gevalle vinnig toeneem, het die Verenigde Nasies se gesondheidsagentskap nog nie ‘n datum vir sy nood-komitee oor aap-pokke se tweede vergadering vasgestel nie. Die WGO se woordvoerder, Fadela Chaib, het in Genève aan die media gesê een sterfgeval is aangeteken in die tydperk vanaf Januarie tot Junie, en besmettings is nou in 53 lande aangemeld.