NamRA vergader met handelsminister

‘n Afvaardiging van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het ‘n hoflikheidsbesoek aan die handelsminister, Lucia Iipumbu, afgelê. Die afvaardiging is gelei deur NamRA se kommissaris, Sam Shivute wat sy visie en doelwitte met betrekking tot die handelsministerie gedeel het. Die handelsministerie is die eerste ministerie wat ‘n besoek van NamRA sedert sy ontstaan in 2021 ontvang het. Anna Salkeus, senior skakelbemaampte van die ministerie, sê belangrike kwessies is bespreek.