BoN reageer op !Gawaxab-gradering

Die Bank van Namibië het gereageer op die gradering van die goewerneur, Johannes !Gawaxab wat ‘n D+ gekry het in ‘n peiling deur die Global Finance-tydskrif. Die bank se kommunikasie beampte Kazembire Zemburuka sê in ‘n verklaring dat die peiling uiters subjektief is maar, het sy skok uitgespreek oor die berigte wat die peiling gedra het. Zemburuka sê die prestasie en pligte van die bank het niks te doen met die gradering van sy goewerneur nie. Hy voeg by dat die sentrale bank nie die ekonomie kan red nie maar, is gedwing om binne die raamwerk van ‘n reeds swak ekonomie, voor die pandemie Namibië getref het, te beweeg. Die bank is verantwoordelik teenoor die Namibiese bevolking en sy besluite is gegrond in data, ekonomiese toestande en feite, nie wenslyste nie. Ekonome wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, het ook skerp kritiek teenoor die gradering van !Gawaxab uitgespreek. Oor die algemeen het die goewerneur ‘n uitstekende rekord en is uiters bevoeg in ekonomiese sake.