NSX was goeie belegging, maar hoof sê hy hoop vir beter ’22

Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese aandelebeurs, Tian Bazuin, is hoopvol hierdie jaar sal beter wees op die NSX-mark as verlede jaar. ‘n Ontleding deur Cirrus in die hoofstad, toon dat die beste belegging in 2021 was om te belê op die Namibiese aandelebeurs. Die makelaarsfirma sê geld in ‘n spaarrekening het ‘n skamele 3,8 persent verdien en die kommoditeitsindeks op die NSX het net 0,1 persent verdien teenoor 26 persent in 2020. Ongeveer 11 miljard Namibiese dollar is in 2021 op die NSX verhandel. Bazuin het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.