Shell, Total steeds stil oor eerste putte

Daar is nog geen uitsluitsel oor die vordering van Shell wat sy eerste boor-operasie, genaamd ‘spudding’, vroeg in Desember in die Suide van die Atlantiese-oseaan naby die Namibiese kus begin het nie. In samewerking met sy vennote, Qatar Energy en Namcor, sal nog ‘n put oopgemaak word met dié proses wat teen die einde van Januarie volgende jaar voltooi sal wees. Intussen het Namcor, wat saam met sy ander eksplorasievennote Impact Oil & Gas en TotalEnergies EP Namibia ook nog geen inligting bekend gemaak oor hoe sy eerste boorwerk aan sy eksplorasie-put gevaar het nie. Die twee lisensies lê langs mekaar, 2913A en 2013B, tussen 250 en 290 kilometer van die Namibiese kuslyn, met die verwagte bron ongeveer 3 000 meter, of, 3 kilometer diep.