Bokke wen net-net, talle foute gemaak

Damian Willemse se strafskop in bykomende tyd het gekeer dat die Springbokke die vernedering van ‘n loesing deur Wallis moes beleef. Die eindtelling in die eerste toets op Loftus gisteraand was 32-29. Springbok-ondersteuners se harte was in hulle kele toe die besoekers teen rustyd 18-3 voor was. Maar die tuisspan het teruggeveg in ‘n opwindende wedstryd wat nietemin deur talle foute ontsier is. Die Springbok-kaptein Siya Kolisi het erken hulle sal in Saterdag se tweede toets in Bloemfontein van die begin af voluit moet speel.