Bokke reg vir sege op tuisbodem teen All Blacks

Rugby: Springbok-kaptein, Siya Kolisi, sê die Bokke sien daarna uit om agt jaar se nederlae op tuisbodem teen die All Blacks te beëindig in hulle kragmeting vanmiddag in die Mbombela-stadion in Mpumalanga. Volgens Kolisi sal die Bokke, ondanks die klipharde stryd wat voorlê, wil verseker hulle doen die nodige om hulle eerste tuisoorwinning oor die All Blacks sedert 2014 te behaal. Afskoptyd vir vandag se toets is vyf-oor-vyf.