Vermeende vroue-moordenaar van Rundu borgtog geweier

Die 35-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy sy lewensmaat vermoor het, is borgtog in die Rundu-landdroshof geweier. Christian Kudumo is Woensdag in hegtenis geneem nadat die lewelose liggaam van die 31-jarige Adeline Chikalu die vorige dag in ‘n plas bloed by die Sun City informele nedersetting gevind is. Kudumo se saak is tot 27 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.