SA, Zimbabwe vernietig smokkelaars se brug

Suid-Afrikaanse grensbeheer-wagte en Zimbabwiese sekerheidsbeamptes het ʼn tydelike brug wat deur smokkelaars opgerig is, vernietig. Volgens die beheerbeampte by Beitbrug, Tichaona Nyongo, is die brug in ‘n gebied vervuil met krokodille en seekoeie en is gemaak uit stompe en sakke vol sand. Dit is die derde tydelike brug wat sedert Januarie vanjaar vernietig is. Suid-Afrika het drie weke gelede ingevolge die Grensbestuurs-program 200 grensbeheer-beamptes wat spesiaal opgelei is, na die grenspos by Beitbrug gestuur.