Vleisraad vra boere om kudde op te dateer

Die Namibiese Vleisraad het ‘n beroep op produsente gedoen om hulle kuddeverklarings om die NamLITS-stelsel op te dateer. Volgens die Vleisraad is dit algemeen dat diere wat nie meer op die plaas is nie, steeds op die stelsel is, en diere wat op die plaas is, is nie op die stelsel nie. Boere word aangeraai om dringend hulle jongste kontak besonderhede, opgedateerde kuddelys en –getalle sowel as die brandmerke wat gebruik word in te dien by hulle naaste veeartsenykantoor.