Boere bekommerd oor mynbou-aktiwiteite

Die Namibiese Landbou Unie is die afgelope paar weke deur verskillende lede gekontak om hul kommer oor prospekteer- en mynbou-aktiwiteite, wat blykbaar aan die toeneem is, te verwoord. Die unie ondersteun mynbou en ontwikkeling wat op ’n ordelike manier plaasvind en wat die regte van grondeienaars erken om hul aktiwiteite te kan bedryf sonder onredelike inmenging of versteuring. Volgens die Wet op Minerale mag geen prospektering plaasvind sonder ’n skriftelike ooreenkoms tussen die eienaar en die lisensiehouer wat bepalings en voorwaardes bevat tussen die partye. Tanja Dahl van die Namibiese Landbou-unie verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.