Boer wie se renosters deur Jackson Babi gestroop is, praat oor verlies
Adjunk-regterpresident Hosea Angula het die renosterstroper en selfverklaarde profeet Jackson Babi, se saak tot 20 September in die Windhoek-hoërhof uitgestel vir die toewysing van verhoordatums. Babi appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is in Mei 2020 gearresteer met renosterhorings in sy besit, wat hom verbind het aan die stropery van twee renosters naby Gobabis. Die boer van Gobabis wie se renosters gestroop is, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…