BLSA: Onteieningswetsontwerp skrik beleggers af

Die bestuurshoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sê die grootste kwessie met die Onteieningswetsontwerp is dat dit duidelik sê eiendom is nie net tot grond beperk nie. Dit beteken dat enigiets onteien kan word, van roerende en onroerende bates tot intellektuele eiendom. Die wetgewing moet die bestaande Onteieningswet van 1975 vervang. Mavuso sê hoewel die wetsontwerp sekere beginsels bevat wat geregtigheid en gelykheid in sy toepassing sal verseker, skep dit vir voornemende beleggers verskeie onsekerhede wat risiko verhoog.