Eer jou vader en jou moeder

Die Verenigde Nasies herdenk vandag Wêreld-ouerdag. Dié dag word sedert 2012 jaarliks op 1 Junie wêreldwyd gevier om alle ouers te vereer vir hul onbaatsugtige toewyding en liefde aan hul kinders en hul lewenslange opoffering. ‘n Maatskaplike werker, Lucia Eises, beskryf aan Kosmos 94.1 Nuus die rol wat ‘n ouer in ‘n kind se lewe speel om sy of haar volle potensiaal as mens te bereik. Sy verwys nie net na biologiese ouers nie, maar alle mense wat ouerskapsrolle vervul.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *