Blou Bulle-baas sê hulle is reg vir Leinster

Rugby: Die Bulle is vanaand die eerste Suid-Afrikaanse span in aksie in die naweek se Verenigde Rugbykampioenskap, wanneer hulle Leinster om half-tien in Ierland pak. Môre verwelkom die Haaie die Skotse span Edinburgh in Durban, terwyl die Leeus in Wallis teen die Ospreys speel. Dan ontvang die Stormers nog ‘n Ierse span, Ulster, in Kaapstad. Die Bulle is tans tweede op die punteleer agter Leinster. Willem Strauss, die president van die Blou Bulle, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die wedstryd gepraat.