Biden weer positief vir Covid

Amerikaanse President Joe Biden het weer positief getoets vir Covid-19, ‘n paar dae nadat hy negatief getoets het. Dit is volgens berigte ‘n seldsame geval van wat as ‘n terugspring-infeksie beskryf word. Dit is algemeen wanneer pasiënte met Paxlovid behandel word. Dr. Kevin O’Connor, dokter van die Withuis, sê Biden het geen heropkoms van simptome nie, en voel steeds redelik goed. Biden, wat nege dae gelede positief getoets het vir die siekte, maar vroeër vandeesweek twee keer negatief getoets het, sal isolasieprosedures hervat.