Net een wenner vir US$1,337 miljard-boerpot

‘n Enkele wenkaartjie vir ‘n Mega Millions-loteryboerpot van 1,337 miljard Amerikaanse dollar of, net minder as 22 miljard Namibiese dollar, is in Illinois verkoop. Die kaartjie is by die Speedway-brandstof- en geriefswinkel in East Touhylaan in Des Plaines, Illinois, ‘n voorstad van Chicago, verkoop. Die boerpot was op 1,28 miljard dollar geraam, maar het gegroei namate mense kaartjies gekoop het om hul geluk te probeer. Die wenner, wat nog geïdentifiseer moet word, het al ses nommers gepas. Die persoon het die keuse van ‘n enkelbedrag van 780,5 miljoen dollar te neem of ‘n jaarlikse uitbetaling oor 30 jaar te kies. En ja, jy het reg gelees, 780,5 miljoen dollar – die res is vir belasting.