Pule-moordsaak bring nuwe profiel vir oortreders van geslagsgeweld

’n Kriminoloog in Sdui-Afrika meen baie lesse is geleer uit die Tshegofatso Pule-moordsaak. Ntuthuko Shoba is verlede week lewenslange tronkstraf opgelê nadat Pule se liggaam in Junie 2020 aan ‘n boom in ‘n stuk veld in Roodepoort gevind is. Die 28-jarige Pule was swanger. ‘n Kriminoloog van die Tshwane Universiteit van Tegnologie, Kholoefelo Rabuku, sê die saak het aansienlik bygedra tot die profielsamestelling van oortreders van geslagsgeweld en toon dat welaf, goedgeklede persone ook skuldig kan wees daaraan.