Oos-Kaapse permier soek antwoorde oor taverne-sterftes

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, eis ‘n deeglike ondersoek deur die polisie om vas te stel wat die dood veroorsaak het van 21 mense in die Enyobeni-taverne in Scenery Park, Oos-Londen. Dit is bevestig 12 seuns en nege meisies het gesterf, met die jongste slagoffer wat net 13 was. Die premier se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê Mabuyane vra ook alle ouers en wetlike voogde om nie hulle verantwoordelikheid teenoor hulle kinders of minderjariges in hulle sorg aan ander oor te laat nie: