Biden sê daar moet na Musk se bande met die buiteland gekyk word

Die Amerikaanse President Joe Biden sê daar moet gekyk word na die nuwe Twitter-baas, Elon Musk, se bande met die buiteland. Een van die rykste beleggers in die Midde-Ooste, die Saoedi-prins Alwaleed bin Talal en sy beleggingsmaatskappy het na vore getree as die tweede grootste belegger in Twitter ná Musk se oorname van die sosiale media-platform. Biden sê hy insinueer nie dat Musk iets onvanpas doen nie, maar sy samewerking en/of tegnologiese bande met ander lande moet bekyk word.