Eksamens: 14 al vas in Wes-Kaap vir selfone, notas

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens vind tans ook in Suid-Afrika plaas, en in die Wes-Kaap sê owerhede hulle het reeds 14 verslae ontvang van kandidate wat na bewering selfone of notas in hul eksamenlokale ingebring het. Volgens die Kaapse LUR vir onderwys David Maynier toon dit duidelik dat moniteringsprosesse werk en dat opsieners goed opgelei is. Maynier het met die media gepraat.