Bewaringsverligtingsfonds help landelike Namibiërs

Die Namibiese omgewingsministerie het verlede jaar ‘n bewaringsverligtingsfonds in reaksie op die Covid-pandemie van stapel gestuur. Die Environmental investment Fund of Namibia sê dit erken die rol wat gemeenskapsbewaring in die lewensbestaan van landelike gemeenskappe speel, met 60 persent van Namibiërs, oftewel 230 000 mense, wat afhanklik van natuurlike hulpbronne vir hul lewensbestaan is. Bennett Kahure, die direkteur van wildlewe en nasionale parke in die omgewingsministerie, sê ‘n taakspan is deur minister Pohamba Shifeta aangestel. Kahure verduidelik die mandaat van die program.