Zimbabwe open grensposte van Kazungula, Victoria-valle

Ná die Toerisme-sakeraad van Zimbabwe ‘n beroep op hul regering gedoen om die lughawe by die Victoria-valle, asook die grensposte van Victoria-valle en Kazungula vir toeriste oop te maak wat ten volle teen Covid ingeënt is, het die kabinet dit goegekeur. Volgens die inligtingsministerie van Zimbabwe spruit dit uit 60 persent van die inwoners by Victoria-valle ingeënt en kudde-immuniteit reeds bereik is.