Beurtkrag is terug vandag, vanaf 16:00, en môre ook

Eskom het aangekondig dat fase twee-beurtkrag vandag en môre vanaf vieruur die middag tot middernag ingestel sal word. Die maatskappy sê hy sal onmiddellik enige verdere beduidende veranderinge oordra. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die oponthoud met die herstel van ‘n opwekkingseenheid elk by die Arnot-, die Koeberg- en die Kusile-kragstasie het die tekort vererger: