Beurtkrag het impak op informele ekonomie

‘n Nuwe verslag toon die kragonderbrekings het ‘n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se informele ekonomie. Marknavorsing wat die onderneming, Yazi, gedoen het, onthul baie informele handelaars het in hierdie tydperk groot inkomsteverliese aangeteken. Daar is berig dat meer as 81 persent van die handelaars wat ondervra is tydens beurtkrag ‘n toename in misdaadvlakke ervaar het. Afgesien van misdaad, was hoë datakoste en dalende geestesgesondheid ook van die vele maniere waarop voortdurende kragonderbrekings die informele handelaars geraak het. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…