VN maan ryk nasies om koolstofvrystellings te verlaag

Die Verenigde Nasies se Konvensie oor Klimaatsverandering waarsku ryk nasies om te hou by hulle verbintenis om koolstofvrystellings te verminder. Dit val saam met die COP27 Klimaatberaad in Sharm el-Sheikh, Egipte, waar meer as ʼn honderd staatshoofde byeen is. Een van die punte op die agenda is die bekendstelling van die finansiering van verlies en skade. Die klimaatshoof van die VN, Simon Stiell, het aan die afgevaardigdes gesê dit is die begin van ‘n nuwe era aangesien leiers verantwoordelik gehou word vir ondernemings wat verlede jaar in Glasgow gegee is.