Ujams word ontwikkel vir industrieë

Stad Windhoek het volgens berigte ‘n tekort aan industriële grond en het dus ‘n deel van plaas Ujams 288 onderverdeel. Die gebied, net noord van die hoofstad sal bekend staan as die Ujams Industriëlepark. Die aansoek is reeds by die ministerie van stedelike ontwikkeling ingedien. Die stuk grond is net suid van die Ujams suiweringsaanleg geleë. Besware en kommentaar kan by die Stad teen 29 September ingedien word. Die stad het ook onlangs daarin geslaag om 71 erwe in Prosperita beskikbaar te stel met die publikasie daarvan wat reeds op 15 September in die staatskoerant gepubliseer is.