Betoging by Windhoek-hoërhof oor ReconAfrica  

’n Groep betogers het vandag buite die Windhoekse hoërhof opgeruk in solidariteit met die gemeenskappe in die Kavango-streek, wat Recon Africa se regskoste moet betaal. Die protesoptog is gereël deur die Women’s Leadership Centre, Economic and Social Justice Trust, Simply Green Movement Comrades Association en Young Feminists. Dit was in reaksie op ‘n hofsaak wat ReconAfrica teen die Num Nara- gemeenskapswoud gewen het en die hof beslis het hulle die regskoste daarvan moet dra. Ndapewoshali Shapwanale, ReconAfrica se kommunikasiedirekteur het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Shapwanale het die hof se beslissing aangehaal.