Beroep op Israel om nuwe uitbreiding in Wesoewer te laat vaar

Vyftien Europese nasies het Israel aangemoedig om planne vir nog duisende huise vir setlaars in die Wesoewer te laat vaar, en waarsku hulle staan in die pad van blywende vrede tussen Israeli’s en Palestyne. Die lande sê in ‘n verklaring die nuwe behuisingseenhede sal ‘n bykomende struikelblok wees vir die tweestaat-oplossing. Israel het Donderdag planne aangekondig vir 4 427 behuisingseenhede vir Joodse setlaars in die besette Wesoewer. Israel het die Wesoewer en Oos-Jerusalem in 1967 verower by Jordanië.