Covid: Amper 17% positief onder jongste syfers

Gevalle van Covid styg plaaslik met 222 nuwe gevalle, ‘n positiewe koers van 16,9 persent, wat aangemeld is. Windhoek, Okahandja, Otjiwarongo en Swakopmund het die meeste gevalle. Daar is ook 46 pasiënte in die hospitaal. President Hage Geingob het Vrydag maatreëls onveranderd gelaat maar mense gemaan om goeie oordeel te gebruik. In Suid-Afrika styg syfers ook. Oor die afgelope 24-uur is 8 351 nuwe infeksies in aangemeld. Die meeste van die nuwe gevalle is van Gauteng met 40 persent. Daar was oor die afgelope 24-uur ‘n toename van 136 hospitaaltoelatings.