Afgetrede polisieman vas in VSA vir wapens en vervalste kenteken

‘n Afgetrede polisiebeampte van New York staar aanklagte van die onwettige besit van hoë-kapasiteit magasyne en ongeregistreerde ammunisie in die gesig. Jerome Filipe is in hegtenis geneem na hy in besit betrap is van ‘n vervalste Interpol-kenteken, pantserklere, ‘n haelgeweer en ammunisie. Felipe is deur Amerikaanse Capitol-polisiebeamptes genader na hy sy motor naby die gebou in Washington DC parkeer het. ‘n Ondersoek is aan die gang om te bepaal hoekom die afgetrede beampte naby die Capitol-gebou parkeer het.