Bendelede brand los op betogers in Haïti

Minstens sewe mense is in Haïti dood nadat bendelede losgebrand het op ‘n betoging wat deur ‘n kerkleier in ‘n noordelike woonbuurt van die hoofstad, Port-au-Prince gereël is. Honderde kerkgangers, waarvan sommiges met kapmesse gewapen was, het aan ‘n optog teen bendebedrywighede in die buurt deelgeneem. Die bendelede het volgens berigte met masjiengewere op die opgtog-gangers losgebrand. Daar is vrese dat die dodetal kan styg, aangesien verskeie mense gewond of ontvoer is. Meer as 2 400 mense is sedert die begin van die jaar weens bendegeweld in Haiïti dood.