Ben Stiller besoek Zelensky

Die akteur Ben Stiller het Maandag op Wêreldvlugtelingdag in Kiëf met die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky vergader terwyl hy deur die land getoer het om aandag te gee aan die lot van vlugtelinge. Stiller is ‘n welwillendheidsambassadeur vir die Verenigde Nasies. Hy sê die verwoesting is vreeslik maar, dat volgehoue media aandag daarop gevestig moet word.

President Zelensky sê die konflik moet bespreek word, al is dit moeilik.