Staatskapingsverslag vertraag tot Woensdag

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal die langverwagte finale verslag oor die Staatskapingsondersoek eers môre ontvang. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het gesê die president het die tyd waarop die finale verslag oorhandig sal word met hoofregter Raymond Zondo bespreek. In ‘n daaropvolgende verklaring is bevestig die verslag sal Woensdag oorhandig word. Die Staatskapingskommissie het verskoning gevra vir die vertraging.