Bekende Marshal Ranger Naude gooi handdoek in

Die Namibian Marshal Rangers se Sean Naude, wat bekend is vir sy vrywillige reddingsdienste oral in Namibië met die noodambulansdiens, het handdoek ingegooi. Naude het die aankondiging op sy sosiale media platform gemaak en gesê ná 27 jaar van eie koste en moeite is hy klaar. Hy verkoop al sy bates en beplan ‘n nuwe onderneming om ‘n inkomste te genereer. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude gesels, wat sê dat hy steeds die 24/7 NamStrong-platforms sal bedryf om die nasie in te lig, te waarsku en by te staan.