Bekende dramaturg, Pieter Fourie, sterf

Die befaamde Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur, Pieter Fourie, is dood. Volgens media in die buurland, is Fourie verlede maand met maagkanker gediagnoseer. Hy is by sy huis in Onrusrivier naby Hermanus in die Wes-Kaap dood. Hy was 81 jaar oud. Fourie is wel bekend vir sy tydlose dramas, onder andere ‘Faan se trein’, ‘Ek, Anna van Wyk’ en ‘Die joiner’.