Behuising-krisis ook bekostigbaarheid-krisis

Namibië is in ‘n behuisingkrisis en benodig sowat 500 000 nuwe huise, maar 90 persent van huishoudings sal nie vir ‘n verband kwalifiseer om hulle te kan koop nie. Sommige ekonome sê die probleem lê by ‘n wanbestuurde huismark-ekonomie, skuld, gedempte inkomstegroei en afhanklikheid van kontantlenings. Minister Erastus Uutoni het by die kabinets-inligtingsessie van die stedelike- en landelike ontwikkelings-ministerie gesê daar is ook kommer dat as huise aan daklose mense gegee word, hulle nie die uitgawes daaraan verbonde sal bekostig nie.