BBP-groei stadiger in 2023 en 2024: ekonoom

Die groei van Namibië se bruto binnelandse produk sal na verwagting verlangsaam tot 3,3 persent vanjaar en 2,8 persent volgende jaar, van 4,6 persent in 2022, hoofsaaklik as gevolg van die droë weerstoestande wat vererger sal word deur ‘n afname in verbruik. Dit is volgens FNB Namibië ekonoom Ruusa Nandago, wat in haar kwartaallikse ekonomiese verslag verduidelik dat die regering amptelik in Junie ‘n droogte verklaar het en op 1 Oktober sy droogtehulp-program in werking gestel het tot 30 Junie volgende jaar.