Bayer gelooi met US$1,56 miljard boete vir Roundup van Monsanto

’n Jurie van Missouri het Bayer beveel om 1,56 miljard Amerikaanse dollar aan vier eisers te betaal wat beweer die maatskappy se Roundup-onkruiddoder het beserings, insluitend kanker, veroorsaak, ’n uitspraak wat beleggers se druk op Bayer kan verskerp om sy regstrategie te verander. Die jurie van Cole County, Missouri, het bevind dat Bayer se Monsanto-maatskappy aanspreeklik is vir eise van nalatigheid, ontwerp defekte en die versuim om eisers te waarsku oor die potensiële gevare van die gebruik van Roundup. Van die eisers sê hulle is gediagnoseer met nie-Hodgkin-limfoom wat volgens hulle veroorsaak is deur Roundup.