Basterkaptein het insiggewende gesprek met President gehad

Die onlangs-verkose kaptein van die Basters, Herbert Britz, het tydens ‘n ontmoeting met President Hage Geingob, sy gemeenskap se onomwonde steun aan die President toegesê vir nasiebou en om deel te wees van die Namibiese Huis. Britz sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy het ‘n baie insiggewende gesprek met Geingob gehad.